Leefstyl fotograaf, gebaseer in Senekal/Bethlehem, Vrystaat.
Ek is Anri.
Ek glo die mooiste foto’s ontstaan wanneer mense gemaklik en hulself kan wees. My styl is ontspanne, eg en vol genot—gefokus daarop om ware oomblikke vas te vang eerder as geforseerde poses. Ek skep ’n rustige, vriendelike ruimte waar lag natuurlik vloei en herinneringe eerlik vasgevang word. Vir my gaan dit nie net oor foto’s nie, maar oor ’n ervaring wat jy werklik geniet, herinneringe wat jy vir ewig kan koester.